Die “Waar’s-my-klere”, jinnetjie… word gemaak deur ‘n vol-vet bosveldstorm van agter te bekruip en hom oor
die kop te
slaan – en dan bottel ons sy gees….. Ok, dis net belaglik! Almal weet dis onmoontlik om ‘n storm te
bekruip.
Wat ons eintlik doen, is om ons “stokery – Eenhoringperd” –Bessie– (want elke
stokery
het ‘n eenhoringperd), daagliks met ‘n sappige krataarbeie, bloubessies, jenewer en sommer ‘n hoop
ander lekkernye te voer.
So teen nege uur elke môre bring ons ‘n Russiese sirkusnar suutjies by die stokery se
agterdeur in. Eenhoringperde is doodbang vir narre – veral Russiese narre. Die nar spring
skielik agter Bessie se staldeur op en maak haar skrik.
Die natuurlike gevolg van ‘n eenhoringperd wat skrik, is ‘n vrylating van klaar gebottele
tower–jinnetjies wat skitter – en selfs van kleur verander – as jy
gewone tonikum water byvoeg. 🎩✨